Local newsNews

Mnr Neels Ferreira laat Secunda agter

Egpaar verhuis na Pretoria.

SECUNDA – Mnr. Neels Ferreira, voormalige hoof van Laerskool Goedehoop en sy vrou, me. Elize (Veertjie) Ferreira, verlaat Secunda na 30 jaar.

Mnr. Ferreira het in 2018 afgetree as hoof van Laerskool Goedehoop en die egpaar was in die 30 jaar, ook by Laerskool Kruinpark en Laerskool Hoëveld betrokke.

Die egpaar het besluit om na Pretoria te verhuis omdat die verlange na hul kinders en kleinkinders te groot geraak het.

Hulle het vroeër jare vir 30 jaar in Pretoria gewoon.

Mnr. Ferreira het gesê hulle het wonderlike tye by Laerskool Goedehoop beleef met baie hoogtepunte wat insluit die skooldaksit na ‘n verlore weddenskap met leerders, die groetproses tydens saalopeninge en om met kinders wat fisies en emosioneel verwaarloos is, te werk.

“Die grootste geleentheid egter was om oor die drie dekades God se Woord te kon verkondig by elke geleentheid wat hom voorgedoen het,” het mnr. Ferreira gesê.

“Ons harte is seer om kinders, ouers en personeel asook vriende te groet, maar vind vertroosting in die Woord in Spreuke 16.9 – ”n Mens beplan sy pad maar God bepaal hoe hy loop’.”

Mnr. Ferreira het afgesluit en gegroet met die woorde: ‘Gaan met ons altyd goed want ‘n veertjie herinner ons’ en gesê die skoolkinders weet die rede vir die groet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button