Mense geniet Kersliggiefees op Bethal

Die gospelsanger, Cathy Viljoen, het gaste vermaak met haar sang en Kevin Peters en Claudia van der Riet, twee plaaslike sangers, het ook opgetree.

BETHAL – Die tweede Kersliggiefees het op Saterdag, 12 Desember by Laerskool Marietjie van Niekerk plaasgevind.

Mnr. Hennie en me. Michelle Rademeyer het dié fees gereël en me. Rademeyer het gesê dit was weer eens ’n groot sukses met sowat 441 gaste.

Die gospelsanger, Cathy Viljoen, het gaste vermaak met haar sang en Kevin Peters en Claudia van der Riet, twee plaaslike sangers, het ook opgetree.

Kriel-inwoners het die Kersvaders met ’n slee na die skool geneem en elke kind het ’n geskenk en lekkergoedpakkie wat deur Cedar Peak Spur geborg is, ontvang.

Al die gaste het saam geëet en die geleentheid was gratis vir almal wat dit bygewoon het.

Die Rademeyer-egpaar het elke borg en inwoner wat die dag moontlik gemaak het en bygewoon het, bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version