Local newsNews

Secunda-vrou bied bewusmakingsessies aan om kinders teen boelies te bemagtig

Me. Pelser bied die klasse gratis aan maar donasies is welkom.

Daar is ongelooflik baie kinders wat geboelie word, in skole en selfs tuis.

Volgens me. Riana Pelser, ‘n traumaberader wat anti-boeliebewusmakingsessies aanbied, het dit ‘n groot impak op die kind se emosionele staat en veroorsaak dit dat hulle alle selfvertroue verloor.

Sy vertel dat sowat een uit elke vyf kinders op skool geboelie word.

“Kinders wat geboelie word, is ‘n hoër risiko vir depressie, ly aan angstigheid en slaapprobleme en hulle skoolpunte verswak.

“As traumaberader het ek eerstehands gesien wat dit aan kinders kan doen.

“As lid van Curamus Victim Support het dit my laat besluit om kinders wat geboelie word te probeer help.”

Deur baie navorsing en haar eie ervarings as berader het me. Pelser die ideale manier gekry om kinders te leer hoe sonder enige geweld, hulself teen boelies te beskerm.

“Dis eintlik ‘n baie eenvoudige tegniek, maar dit verg tyd vir die kinders om dit te leer en toe te pas,” het me. Pelser verduidelik.

Sy het al ‘n paar keer klassevir groepe kinders aangebied en vir hulle die tegniek geleer.

“Ná die demonstrasie gun ek elke kind om die tegniek persoonlik op my uit te oefen en help as hulle nie iets verstaan nie.

“Ek fokus gewoonlik op individule kinders en waarmee hulle geboelie word en wys dan presies hoe om die situasie te hanteer. Ek moedig ook die ouers aan om die tegniek by die huis met hulle kinders te gaan oefen, want hoe meer hulle die tegniek gewoond raak hoe makliker raak dit vir hulle om dit by die skool toe te pas.”

Me. Pelser bied die klasse gratis aan maar donasies is welkom.

Dié klasse word ook deur die polisie ondersteun.

Sy voorsien serifikate vir die kleiner kinders wat sê hulle het die sessie voltooi en geslaag.

“Hulle lê dan ‘n eed (pledge) af om te beloof dat hulle die tegniek gaan bemeester en toepas.

“Ek moedig ook ouers aan om hulle kinders by my klasse betrokke te kry, veral tydens die vakansie, sodat as hulle volgende jaar na ‘n nuwe graad toe gaan, hulle die selfvertroue sal hê om boelies te hanteer,” het me. Pelser gesê.

Kontak me. Pelser by 084 499 9621.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button