Kinders geniet bederfdag op Evander

Ondernemings neem hande en maak dag spesiaal vir Janelle Huis.

EVANDER – Kersfees het vroeg gekom vir die kinders van Janelle Huis toe TMS Industrial Services, in samewerking met Prommac en Thusanyo, hulle met ‘n pretdag op Saterdag, 5 Desember, bederf het.

Kersvader het die kinders besoek en geskenke uitgedeel en die personeel en stigters van Janelle Huis het die pretdag saam met die kinders en verteenwoordigers van die ondernemings geniet.

Die kinders het worsbroodjies gekry, geswem en tot laatmiddag speletjies gespeel.

Elke kind het ‘n rugsak vol geskenke en lekkergoed ontvang.

Die verteenwoordigers van TMS, Prommac en Thusanyo, het almal wat die dag moontlik gemaak het en ‘n bydrae gelewer het, bedank.

Exit mobile version