Local newsNews

Afriforum versprei skoonmaakmiddels aan kerke en tehuise op Morgenzon

Dié skenking is aan AfriForum gemaak deur ’n anonieme donateur, wat gevra het dat die organisasie dit versprei na areas waar dit benodig word.

AfriForum se Bethal-tak het op 3 Desember, saam met die Helpende Hand-tak op Morgenzon, skoonmaakmiddels aan kerke en tehuise op Morgenzon geskenk en versprei.

Volgens ‘n onlangse persverklaring, sluit dié skenking van R8 000 handreinigers en handewasseep, asook ‘n groot hoeveelheid skoonmaakmiddels soos bleikmiddels en skottelgoedseep in.

Dié skenking is aan AfriForum gemaak deur ‘n anonieme donateur, wat gevra het dat die organisasie dit versprei na gebiede waar dit benodig word.

‘n Soortgelyke skenking is aan die Silwerjare-tehuis op Bethal gemaak.

“Organisasies soos tehuise en kerke kry finansieel baie swaar te midde van die Covid-19-pandemie en ‘n skenking soos hierdie help om die las ‘n bietjie ligter te maak,” het mnr. Hennie Bekker, distrikskoördineerder in Mpumalanga, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button