Local newsNews

Pastoriemark op Bethal vind binnekort plaas

Organiseerders nooi uitstallers om hul ruimte te boek.

BETHAL – Die N.G. Kerk se Bethal-Oosgemeente bied vanaf 25 tot 27 November hul jaarlikse Pastoriemark by die kerk aan.

Dié mark word ten bate van die Tutela Gesinsorg, voorheen bekend as die Christelike Maatskaplike Raad (CMR), op Bethal aangebied.

Die Pastoriemark vind vanjaar oor drie dae plaas vanaf 9vm tot 6.30nm.

Daar is steeds uitstalruimte beskikbaar en vir die markgangers gaan daar ‘n teetuin wees, asook verskeie wegneemetes wat bobotie, hoenderpastei en Lasagne teen R50 per persoon.

Belangstellendes kan nou reeds bestellings plaas vir dié etes deur me. Marié Botha te skakel by 082 461 4050.

Die jaarlikse inkomste van die Pastoriemark maak dit vir die maatskapliker werker van Tutela moontlik om spesiale dienste aan die gemeenskap te bied.

Dit stel haar in staat om, deur die Tutela Gesinsorg-kantoor op Bethal, hulp aan kinders en gesinne te verleen wat hulle andersins nie sou kon kry nie.

Dié gesinsorg-tak kon dienste aan die gemeenskap lewer wat mediese sorg by spesialiste, sielkundige hulp, oudiologie en spraakterapie, arbeidsterapie, forensiese assesserings in gevalle van verwaarlosing, fisiese- en emosionele mishandeling en seksuele misbruik, regshulp vir kinders wat onder andere slagoffers van hul ouers se egskeidings is en assesserings vir keurings in gevalle van pleegsorg- en aannemingsaansoeke insluit.

Me. Marita Oosthuizen, een van die organiseerders van die mark, het gesê: “Sodoende word kinders se lewensgehalte verbeter en die koers waarmee hulle die toekoms tegemoet loop.”

Sy het entrepreneurs genooi om aansoek te doen vir uitstalruimtes en gesê die organiseerders streef daarna om ‘n Kersmark met unieke produkte van hoë gehalte aan te bied.

Van die items wat by die mark beskikbaar gaan wees, sluit in klein koekies, droë vrugte, neute, sade, tuisgemaakte lekkers, silwer juwele, popklere en naaldwerkitems.

Uitstalruimte vir dié items is reeds vol, maar ander uitstallers wat unieke, handgemaakte of interessante items verkoop, is welkom om me. Oosthuizen te skakel by 082 291 3558 of om ‘n e-pos te stuur na maritao@vodamail.co.za om ‘n uitstalruimte te bespreek.

Inwoners kyk na unieke items by verlede jaar se Pastoriemark. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button