Nuwe beradingsentrum open deure op Secunda

Kry opleiding en word ’n berader.

SECUNDA – ‘n Groep predikers het besluit om ‘n beradingsentrum op Secunda te begin.

Past. Neels Beyers, ds. Peet Schoeman en me. Tracey van Wyk sal in beheer wees van die Secunda Christelike Beradingsentrum en kan die gemeenskap reeds bystaan en beraad.

Die ander beraders wat met hulle hande geneem het, is past. Michelle Wentzel, past. Sakkie Roux, past. Wiehan en me. Robyn Brown, en past. Pieter de Bruin.

Belangstellendes is welkom om ook ‘n kursus in berading by te woon wat by die Koinonia Christelike Kerk aangebied gaan word. Die beradingsentrum sal ook vanuit dié kerk funksioneer.

Die kursus is interkerklik en past. Beyers het gesê daar is geen kerkverwant aan dié nuwe beradingsentrum gekoppel nie, maar dit is wel ‘n sentrum wat op Christelike beginsels gegrond is.

Die kursus kos R100 per persoon en daar is opleidingsessies op Maandag, 16 November en Maandag, 23 November.

Die beraders sal enige iemand wat trauma beleef het, kan bystaan.

Me. Wentzel sal spesifiek op kinderberading konsentreer.

Mense wat sukkel in hul huwelike, met verslawings, siektes, depressie of okkultiese bedrywighede, kan ‘n afspraak by een van die beraders maak.

Die sentrum is geleë by die Koinoia Christelike Kerk by die Village-sentrum, dieselfde sentrum waar die Five Star SuperSpar is. Vir meer inligting, skakel 073 797 8802.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version