Local newsNews

Kanker eis bekende in Secunda-omgewing se rolbalwêreld

Die begrafnis vind op Woensdag, 11 November om 11vm vanuit die N.G. Kerk Goedehoopgemeente plaas.

SECUNDA – Mnr. Piet van Aswegen, ‘n bekende op Secunda en veral in die rolbalwêreld, is op Sondag, 1 November in die ouderdom van 69 jaar dood.

Hy het kanker gehad.

Mnr. Van Aswegen was die laaste paar weke by House of Mercy hospice en sy vrou, Joey, kan nie genoeg haar dank teenoor die personeel en me. Shirley Coetzee uitspreek nie.

“Hulle het soveel vir ons gedoen en deernis gehad,” het me. Van Aswegen vertel.

Die Van Aswegen-egpaar is reeds 35 jaar deel van Secunda se lief en leed. Hulle was ook vir baie jare lede van die Sasol Secunda Rolbalklub.

Me. Van Aswegen het haar man as ‘n wonderlike eggenoot, pa, oupa en groot-oupa beskryf.

Die begrafnis vind op Woensdag, 11 November om 11vm vanuit die N.G. Kerk Goedehoopgemeente plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button