Haak en Steek Hekel- en Breigroep op Secunda samel kos in

Hulle stuur sowat 150 sakkies maandeliks na 'n groep in Pretoria wat dit na die kankerpasiënte versprei.

SECUNDA – Die Haak en Steek Hekel- en Breigroep, het nie-bederfbare kos vir AfriForum se projek, Pak ‘n Boks vir ‘n Boer, ingesamel.

Dié groep kom elke Dinsdag bymekaar en hekel en brei dan saam.
 
Belangstellendes is welkom om by hulle aan te sluit.
 
Hulle hekel ook blokke vir trooskombersies wat spesifiek vir die Anja se Trooskombersprojek gaan en het al 10 komberse die afgelope twee maande gehekel.
 
Die Haak en Steek Hekel- en Breigroep hekel ook sakkies vir kankerpasiënte wat by hospitale in Gauteng uitgedeel word.
 
Hulle stuur sowat 150 sakkies maandeliks na ‘n groep in Pretoria wat dit na die kankerpasiënte versprei.
 
Die stigter van die Haak en Steek Hekel- en Breigroep, me. Lizette Marsh, gee weekliks klasse aan beginners om hulle te leer hekel of brei.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version