Morgenzon Landbou Akademie-leerlinge se harte op die regte plek

Die gelde wat ingesamel is, is deur Kian Labuschagne en Analeen Erasmus aan Kansa se verteenwoordiger, me. Rethea Jansen van Rensburg op Morgenzon oorhandig.

Leerders van Morgenzon Landbou Akademie het gedurende Oktober strikkies ten bate van kinders wat aan kanker lei,verkoop.
 
Die geld wat ingesamel is, is deur Kian Labuschagne en Analeen Erasmus aan Kansa se verteenwoordiger, me. Rethea Jansen van Rensburg op Morgenzon oorhandig.
 
Sowat R1 000 is met die verkoop van die strikkies ingesamel.
 
Hoewel dit maar slegs ’n druppel in die emmer is vir apparate soos ’n port of broviac wat sowat R4 000 per stuk kos, weet hulle dat elke bydrae ’n verskil in iemand se lewe kan maak.
 
Kansa en MLA beplan ook om ’n Kansa-stap vir die bewusmaking van kanker by kinders later vanjaar aan te bied.
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version