Local newsNews

#Boomplantweek: AfriForum skenk bome aan skole op Secunda, Trichardt en Evander

Leerders en onderwysers plant bome

SECUNDA – As deel van AfriForum se jaarlikse boomplantprojek, het hulle vanjaar weer by verskeie skole op Secunda, Trichardt en Evander bome geplant.

Dié organisasie vier jaarliks Boomplantweek.

AfriForum het vanjaar twee verskillende soorte bome aan elke skool geskenk en dit saam met die leerders en onderwysers by die onderskeie skole geplant.

Die skole wat AfriForum verlede week besoek het, sluit in Laerskool Kruinpark, Laerskool Secunda, Highveld Ridge Primary School, Highveld Park High School, Laerskool Oranjegloed Primary School, Curro Secunda, Marietjie Skool, Hoërskool Secunda, Hoërskool Oosterland, Laerskool Goedehoop, Laerskool Trichardt, Laerskool Hoëveld, T.P. Stratten Primary School en Evander High School.

Mnr. Werner Gerrits van Laerskool Oranjegloed Primary School by die hoofleiers, Riri Maluleke, Lethabo Moloi, Karabo Mokoena, Gosiame Mosweu, Nehemia Mposhomali en Skye Parry en mnr. Jan du Plessis (voorsitter van AfriForum se Secunda-tak) verlede week toe AfriForum bome aan dié skool geskenk het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button