AfriForum rol moue op en begin skoonmaak en opknap op Standerton

Byna 500 vragmotors ry daagliks deur Standerton en die Lekwa Munisipaliteit versuim om besige paaie in stand te hou,” het die verklaring gelui.

AfriForum se Standerton-tak het vanaf 7 tot 11 September sy #VegEnBou-week op die dorp gehou.

Volgens ‘n persverklaring van die burgerregte-organisasie, het taklede, vrywilligers, plaaslike ondernemings én skoolleerders saamgewerk om die dorp op te knap en hoop te skep in ‘n gemeenskap, wat veral onder swak dienslewering en grootskaalse besoedeling gebuk gaan.

“Byna 500 vragmotors ry daagliks deur Standerton en die Lekwa Munisipaliteit versuim om besige paaie in stand te hou,” het die verklaring gelui. Sowat 300 sakke teer is gebruik om die paaie op te knap.

Die Standerton Advertiser het hulle raakgeloop by Laerskool Standerton waar padtekens nuut oorgeverf is.

Die Bethal/Standerton-kruising is beveilig danksy katogies wat aangebring en padtekens wat opgerig is.

Die tak se jeugvleuel het ook die omgewing rondom hierdie kruising skoongemaak en die Voetsporemonument buite die dorp opgeknap.

Talle slaggate is opgevul en betonstraatnaamblokke is ook vervang.

Me. Nikki Oelofsen (advertensieverteenwoordiger: Standerton Advertiser) neem op Dinsdag 8 September ’n pizza van me. Michelle Pretorius (AfriForum) in ontvangs.

Tak- en jeugvleuellede het ook ‘n groot skoonmaakprojek by die Standerton Rivierpark gehou en meer as 25 bome is by vyf skole op die dorp geplant, naamlik Laerskool Standerton, Hoërskool Standerton, Laerskool Kalie de Haas, Standerton Primary School en Laerskool Jeugkrag.

‘n Patrollie is gehou waartydens 18 patrolleerders sowat 115 km afgelê het, terwyl veiligheidsoudits onder meer by Laerskool Standerton, Hoërskool Standerton en Laerskool Kalie de Haas uitgevoer is.

Hulle het ook plaaslike ondernemings met middagete van Kabous Pizza bederf en 160 boereworsrolle is by die Kosmos Aftree-oord uitgedeel.

Die koerant is ook nie oor die hoof gesien nie.

Ten slotte is Midas, Mica, Spar, Kruger & Associates, Clear Water Plumbing, Ola Standerton, Kabous Pizza, Mr Soapy, Valerie’s Bloemiste, Dandelion-J Coffee Shop, The Guest House, Happy Plastic, Standerton Bag, Oasis Water, Classics Signs, Pro Sport, Ons Winkel Standerton, Lekwa Clean Up Group, Compass Eiendomme, Engen Sonlig-vulstasie, Appledew Gastehuis, Bliss Studio Fotografie, Carmen Motors, Stanfin Apteek, Meat Masters en Laerskool Standerton vir hul hulp en volgehoue ondersteuning bedank.

“Dit was verblydend om te sien hoe die Standerton-gemeenskap kon saamwerk om hoop op dié dorp te skep,” het mnr. Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, gesê.

AfriForum maak seker dat ’n gedeelte van Paarlstraat weer begaanbaar is.
AfriForum maak seker dat ’n gedeelte van Paarlstraat weer begaanbaar is.
Exit mobile version