Klipkerk op Standerton beplan ‘n volgende deurry-nagmaal

Die leraar het teksgedeeltes uit Joh 6: 48 en 53 - 56 gebruik om aan elkeen ’n persoonlike boodskap te bring.

Die N.G. Kerk se Moedergemeente op Standerton beoog om binne ‘n maand of wat weer ‘n deurry-nagmaal aan te bied.

Volgens ds. Wihahn de Beer wat die vorige nagmaal op Vroudag gereël het, het sy ma van Fochville die saadjie vir so ‘n byeenkoms geplant.

“Ek het die kans aangegryp,” het hy gesê.

Die kelkies met sap en brood is van Ballito aangekoop en het verseël op die dorp aangekom.

“Ons het nie nodig gehad om dit fisies te hanteer nie,” het hy ook gesê.

Die parkeergebied oorkant die Klipkerk is vanaf 8.30vm tot 12nm gebruik.

Ds. Wihann se vrou Lallie, was ook behulpsaam, sowel as me. Mariëtte de Bruto.

Die leraar het teksgedeeltes uit Joh 6: 48 en 53 – 56 gebruik om aan elkeen ‘n persoonlike boodskap te bring.

Enigeen is welkom om die volgende nagmaal by te woon.

“Dit was wonderlik om lidmate van ander denominasies te sien wat die nagmaal gebruik het.”

Hy het verwys na die hongersnood sedert die aanbreek van Covid-19 en die gemeenskap se ruimhartigheid lof toegeswaai.

“Ons kan en moet meer help en het ‘n gemeenskap wat se harte vir hul medemens oopgaan.”

Enigeen is welkom om die volgende nagmaal van die NG Moederkerk by te woon.
Exit mobile version