Local newsNews

Haweloses op Ermelo beset ou staatshuis in Smutsstraat

Mnr. Johannes Kuhlase (60) het vertel dat hulle al vir die afgelope nege jaar híér woon.

Die Departement van Justisie huur glo ‘n ou staatswoning in 28 Smutsstraat op Ermelo by die Departement van Openbare Werke, maar dié vervalle gebou word nou deur haweloses beset.

Die Hoëvelder het verlede week eerstehands kennis gemaak met die halglike omstandighede waarin die mense daagliks leef.

Tussen 9 en 12 mense bewoon tans dié gebou waarvan die jongste 24 en die oudste 60 jaar oud is.

Mnr. Johannes Kuhlase (60) het vertel dat hulle al vir die afgelope nege jaar híér woon.

Hy bly glo al die langste in die ou huis en daarom is die grootste kamer ook aan hom bemaak.

Stowwerige houtvloere kraak onder voet, die mure dra jare se aanpaksel van roet weens vure wat gemaak is, vensters is gebreek, plafonne deurgetrap, rommel lê die huis en erf vol en alles wat voorheen ‘n aanduiding kon gee dat dié ‘n huis was, is gestroop.

Kamers word met gordyne – wat van die kosyne gedrapeer word, afgebaken omdat deure ook afgebreek is.

Die eiendom het nie toegang tot krag of water nie en die huisbewoners maak beurte om water na die perseël aan te dra.

Hulle het gewoonlik waterkanne by ‘n vulstasie op die dorp gaan volmaak, maar dit is glo deur bestuur gestaak.

Nou gaan hulle van huis tot huis en vra vir water sodat hulle hul klere asook hulself kan was.

Mnr. Kuhlase, het gesê dat hy bouwerk gedoen het vir verskeie maatskappye, maar weens ‘n besering nie meer kan werk nie.

Die agterplaas op die perseel kom al soos ’n stortingsterrein voor, maar mnr. Kuhlase skryf die vullis op die werf toe aan die vorige bewoners.

Die ander bewoners het gesê hulle soek werk, maar dat dit skaars is.

Saans word daar beurte gemaak om kos te voorsien en gaar te maak.

Mnr. Khulase het vertel dat hulle maar op donasies staat maak vir oorleweing.

“Soms is ons gelukkig, maar ander kere moet ons maar in die asblikke grou vir iets te ete,” het hy vertel.

“Covid-19 was goed vir ons, want die kerk het gereeld vir ons kos en water gebring, maar nou sien ons nie meer die mense nie.”

Van die mans besoek daagliks die vullisterrein op soek na iets van waarde.

Die agterplaas op die perseel kom al soos ‘n stortingsterrein voor, maar mnr. Kuhlase skryf die vullis op die werf toe aan die vorige bewoners.

Lees vandeesweek die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button