Vroue bederf inwoners met sop en ander lekkernye

Inwoners kry kolwyntjies vir Vadersdag

BETHAL – Drie ondernemings het hande geneem en op Saterdag, 20 Junie uitgereik na inwoners van Palmoord Ouetehuis op Bethal.

Die Caring Daisies vanaf Johannesburg, Cobus Fourie Dental Lab vanaf Johannesburg en Supreme Wheel & Tyre vanaf Trichardt, het Saterdag vir die inwoners ‘n honderd kolwyntjies vir Vadersdag geneem.

Hulle het ook emmertjies met sop en koekies en ander bederfies vir die koue uitgedeel.

Me. Annatjie du Toit, ‘n werknemer by Supreme Wheel & Tyre het gehoor dat inwoners sukkel en besluit om iets te doen.

Mnre. Jimmy McCabe en Bertie Grobelaar, inwoners van Palmoord Ouetehuis, ontvang bederfies van me. Annatjie du Toit van Supreme Wheel & Tyre op Saterdag, 20 Junie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version