Local newsNews

Buurtwaglede in Mpumalanga neem aan versetpatrollie deel

Altesaam 208 gemeenskapslede het in 113 voertuie deelgeneem wat 4 980km in 630 man-ure afgelê en by verskeie voorvalle bystand gebied het.

AfriForum se buurtwagte in Mpumalanga het op 6 Junie aan die burgerregteorganisasie se nasionale versetpatrollie deelgeneem.

Volgens ‘n persvrystelling, is dié massapatrollie deel van die amptelike aktivering van AfriForum se buurtwagte wat hul bedrywighede weer tydens vlak 3 van die inperking mag hervat.

Die patrollie is in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye en gemeenskapslede gehou, wat gehelp het om sigbaarheid in hul onderskeie dorpe te verhoog.

Altesaam 208 gemeenskapslede het in 113 voertuie deelgeneem wat 4 980km in 630 man-ure afgelê en by verskeie voorvalle bystand gebied het.

Al die deelnemers het streng voldoen aan die vereiste regulasies en binne die raamwerk van die wet opgetree.

Dr. Nokasazana Dlamini-Zuma, Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, het op 28 Mei regulasie 33 (1) uitgevaardig, wat dit duidelik stel dat mense hul woonplekke mag verlaat om spesifieke dienste te lewer, met uitsondering van aktiwiteite soos uiteengesit in tabel 2 van dié regulasies.

Buurt- en plaaswagte is nie in dié tabel genoem nie en kan dus weer patrolleer.

“Dit is belangrik om voort te kan gaan met sigbaarheidspatrollies om die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker,” het mnr. Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, gesê.

Volgens mnr. Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, is goeie samewerking tussen verskillende strukture gedurende hierdie onsekere tye belangrik om misdaad hok te slaan.

“Goeie samewerking en doeltreffende kommunikasie tussen die gemeenskap en privaatveiligheidsinstansies lei tot suksesvolle misdaadbekamping,” het mnr. Pretorius gesê.


Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button