Local newsNews

Hoëveld-fotograwe skryf beste foto’s in vir maandelikse kompetisie

Fotograwe gaan in Julie weer 'n aanlyn-fotokompetisie hou en hul beste foto's inskryf. Hulle sal maandeliks so werk totdat die staat van inperking verby is.

SECUNDA – Dr. Leon Pelser het die ander fotograwe uitgestof met sy foto, Incense Art, en die voorgeskrewe onderwerpafdeling by die Hoëveld Fotografieklub se maandelikse aanlyn-fotokompetisie gewen.

Hy het ook ‘n sertifikaat van meriete vir een van sy ander foto’s, The Colour of Nature, ontvang.

Die beste fotograaf onder die senior-fotograwe is mnr. Pierre Jordaan met sy foto, Northern Lights, en die beste fotograaf onder die junior-fotograwe is me. Barbara Mitton met haar foto, Cotswold Bridge.

Beide dié fotograwe het ook sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang.

Die ander fotograwe wat goed gevaar het en sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is mnr. Piet Potgieter met sy foto, End of Life en me. Sussa Pelser met Once Upon a Time Mono.

Die beoordelaar vir Junie was mnr. Francois Venter, president van die Photographic Society of South Africa (PSSA). Hy het die foto’s aanlyn beoordeel.

Fotograwe gaan in Julie weer ‘n aanlyn-fotokompetisie hou en hul beste foto’s inskryf.

Hulle sal maandeliks so werk totdat die staat van inperking verby is.

Vir meer inligting oor die fotografieklub, skakel mnr. Jordaan by 082 465 0248.

Dr. Leon Pelser het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, The Colour of Nature.
Mnr. Piet Potgieter het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, End of Life.
Me. Sussa Pelser het ‘n sertifikaat van meriete ontvang vir haar foto, Once Upon a Time Mono.
Mnr. Pierre Jordaan was die beste fotograaf onder die seniors en het dié afdeling gewen met sy foto, Northern Lights.
Me. Barbara Mitton was die beste onder die juniorsmet haar foto, Cotswold Bridge.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button