Ondersteun kompetisie om terug te geen aan behoeftiges

Skryf jou foto in as jy mooi oë of bene of hare het

SECUNDA – Nicole du Plessis (17), ‘n matriek-leerder aan Hoërskool Secunda het nog ‘n projek om behoeftiges in plakkerskampe te help, geloods.

Die Ridge Times het onlangs oor dié jong model berig wat as ambassadeur vir die aanlyn-tydskrif, PPMC SA (Pageant and Photogenic Modeling Competitions South Africa), gekies is.

Sy het sedert 2015 toe sy met modelwerk begin het, aan verskeie modelkompetisies deelgeneem en verskeie plekke verower.

Sy het vroeër vanjaar reeds ‘n projek aangepak waar sy klere, skoene, toiletware, beddegoed en komberse, speelgoed en nie-bederfbare kos vir mense wat in die Munsiville-plakkerskamp buite Krugersdorp bly, in te samel.

Haar nuutste projek is die Miss/Mrs Lockdown 2020-kompetisie waar deelnemers se inskrywingsgeld aangewend sal word om in die inwoners van die Munsieville-plakkerskamp se behoeftes te voorsien.

Deelnemers kan hul beste foto’s na Nicole stuur.

Inskrywingsgeld vir die model/fotokompetisie is R100 per algemene afdeling en R50 vir elke ander foto.

Die ouderdomsafdelings is 0-4 jaar, 5-10 jaar, 11-15 jaar, 16-20 jaar en 21 en op (ongetroud) en die Mrs-afdeling.

Die spesiale afdelings bestaan uit die beste oë, beste posering, beste glimlag, beste geklede persoon, beste hare en beste bene.

Die sluitingsdatum vir dié kompetisie is 30 Junie.

Vir meer inligting, skakel Nicole se ma, me. Caroline du Plessis by 076 237 8142 of Nicole by 063 417 5422.

Nicole du Plessis het onlangs ‘n kompetisie geloods om geld in te samel vir inwoners by plakkerskampe.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version