CrimeNews

OTM’s in Sakhile geteiken

Die tweede bom het glad nie afgegaan nie.

Mnr. William Haskins van Kasselman Veiligheidsdienste het vroegoggend ondersoek ingestel nadat hy ‘n ontploffing gehoor het.

Mnr. Haskins het omstreeks 3vm ‘n informant geskakel en na Binda’s Liquor Store in Sakhile gery.

Die polisie was op die toneel. Volgens mnr. Haskins, is hy meegedeel dat die bomlading by die een OTM nie geslaagd was om by die kontant uit te kom nie.

Die tweede bom het glad nie afgegaan nie.

Die Standerton Advertiser kon nie die kommunikasiebeampte van Standerton Polisie, of die stasiebevelvoerder bereik om meer inligting te bekom nie.

Lees ook: UPDATE: Trial-awating prisoners escape from holding cells in Sakhile: some apprehended

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button