Hoërskool Ermelo het onlangs al die nodige veiligheidmaatreëls in plek gestel, om leerders weer by die skool te verwelkom en die verspreiding van Covid-19 virus te voorkom.
Die skool is deeglik gesaniteer, ’n “fogger” en ’n santitasie-stasie is by die skool opgerig.
Mnr. Pieter Grobler, EHS se hoof het mnr. Jan-Hendrik Jacobsz vir die “fogger” en mnr. Johan Herholdt van NutroChem vir die sanitasie-stasie en die chemikalieë bedank.
Die onderwysers het ook opleiding ontvang oor die regulasie en vereistes waaraan die skool, personeel en leerders moet voldoen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!