Met die winter wat sy tentakels uitsteek, is dié Outydse Boontjiesop ideaal om die koue hok te slaan.
Bestandele
- 650g Suikerboontjies gweek oornag in koue water
- 150g spek gesny in blokkies
- 3 groot uie gekap
- 3-liter water
- 15ml sout en 5ml suurlemoensap
- 200g murgbene
- 1 lourierblaar
Metode
- Soteer spek en uie vir ’n paar minute in ’n kastrol
- Voeg gedreineerde boontjies by.
- Voeg water en res van die bestandele by en verhit tot kookpunt.
- Verlaag hitte en prut vir 2 ure tot dik en gaar.
- Verwyder louerierblaar en bedien met tuisgemaakte brood
Bron: OAK Bak en Brou resepteboek