Local newsNews

AfriForum en boer skenk pampoene aan Bethal se sopkombuis

Belangstellendes kan betrokke raak en skenk

BETHAL – AfriForum se Bethal-tak het onlangs gehelp om pampoene te oes wat vir dié dorp se sopkombuis geskenk is.

‘n Boer van Bethal het besef sy oes is nie groot genoeg om winsgewend te wees nie en het dit toe aan die sopkombuis geskenk.

Lede van AfriForum het die eerste vrag pampoene op die land gaan oes en die pampoene het ‘n groot hupstoot aan kosvoorrade by die sopkombuis gegee.

Van die pampoene is ook aan behoeftige gesinne op Morgenzon en Hendrina geskenk.

‘n Bakkievrag van die pampoene is na Solidariteit Helpende Hand se Josef Silo in eMalahleni (Witbank) geneem en vir koekmeel, brood en piesangs verruil wat na die sopkombuis geneem is.

“Hierdie geskenkte pampoene is weer eens ‘n bewys dat gemeenskappe kan saamstaan en dat selfs ‘n misoes van waarde is vir mense wat in nood verkeer,” het mnr. Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, gesê.

Nóg ‘n boer van die omgewing het ook intussen pampoene geskenk en dit sal na Helpende Hand geneem word om aan behoeftige mense te versprei.

As jy betrokke wil raak of ‘n skenking wil maak, skakel mnr. Bekker by 081 217 6091 of stuur ‘n SMS met die woord ‘Bethal’ na 45350. ‘n SMS kos R1.

Lees ook: Helpende Hand kry ’n verdere R5 miljoen vir kos


Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news. 

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.

Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button