Marietjie Skool benodig bestanddele vir sop

Personeel wil vir kinders kosgee

SECUNDA – Marietjie Skool se personeel en die gemeenskap reik uit na behoeftige leerders tydens die inperkingstyd.

Leerders kry onder normale omstandighede daagliks kos by die skool, maar tydens die grendelstaat is hulle tuis.

Me. Annaretha Fourie, adjunkhoof by Marietjie Skool, het gesê hulle is dankbaar teenoor die gemeenskap vir hul bydrae.

“Die behoefte is groot en ons het tans 110 leerders op ons skool se lys vir behoeftiges,” het me. Fourie gesê.

Die skool benodig mieliemeel en enige ander droë voorrade.

Die personeel wil dié week inspring en sop kook wat hulle dan na hul leerders se huise gaan neem.

Belangstellendes wat wil help, kan bestanddele of 2 liter-houers aan die skool skenk.

Vir meer inligting, skakel me. Mariane Uckermann by 082 967 7835 of me. Sante Barnard by 082 565 2432 of me. Fourie by 082 410 0306.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version