Local newsNews

Gestremde jong vrou benodig spesiale hyser

Ma kan kind nie meer optel weens historektomie

BETHAL – Me. Roelien Rheeder (39) het die gemeenskap gevra om haar gestremde dogter, Roelien Mans (23) te help.

Roelien het tydens haar geboorte ‘n tekort aan suurstof gehad wat die gedeelte van haar brein wat haar spraak- en motoriese vermoë beheer, aangetas het.

Sy is nou aan ‘n rolstoel gekluister.

Roelien kan net sekere woorde praat en maak van gebare en geluide gebruik om met haar ma te kommunikeer.

Me. Rheeder het agtergekom daar is fout met Roelien toe sy op agt maande steeds nie kon regop sit nie.

Roelien het later met fisio- en spraakterapie begin en dit het baie gehelp, maar sy kon nog nooit praat nie.

Roelien Mans (23) is aan ’n rolstoel vasgekluister en haar ma, me. Roelien Rheeder sukkel om haar op te tel nadat sy (me. Rheeder) ’n histerektomie moes ondergaan.

Sy het eers toe sy drie jaar-oud was, begin loop en het toe vir me. Rheeder weggehardloop.

Sy was vir ‘n rukkie in Marietjie Skool op Secunda, maar me. Rheeder het haar later uitgehaal en tuis versorg.

Roelien se voete het, toe sy nege jaar-oud was, begin binnekant toe trek.

Sy het op haar hakke en die buitekant van haar voete begin loop.

Me. Rheeder was ‘n enkelouer sonder ‘n mediese fonds en kon dit nie bekostig om haar kind na spesialiste vir behandeling te neem nie.

Sy is later met haar tweede man getroud en die egpaar het toe vir Roelien na ‘n spesialis geneem.

Roelien kon egter glad nie haar voete beweeg nie. Die dokter moes aan haar spiere sny en dit aan die anderkant van haar voete heg.

Sy kon ná die operasie weer haar voete beweeg, maar sy was vir só lank in ‘n rolstoel dat sy verleer het om te loop en haar spiere het intussen só verswak dat sy vandag permanent in ‘n rolstoel is.

Me. Rheeder het vroeërjare, toe Roelien nog kon loop, musiek gemaak en vir ‘n inkomste gesing, maar sedert Roelien permanent in ‘n rolstoel is, moet me. Rheede alles vir haar doen.

“Ek help haar om die toilet te gebruik, ek bad haar, ek doen alles vir haar,” het me. Rheeder gesê.

Me. Rheeder moes egter op Woensdag, 25 Maart, ‘n histerektomie ondergaan en is sedertdien bedlêend.

Sy het ‘n versorger aangestel om Roelien in dié tyd te versorg, maar die versorger het die afgelope paar dae nie vir werk opgedaag nie.

“Ek weet nie of sy siek is en of dit weens die inperking is nie,” het me. Rheeder gesê.

Me. Rheeder se man, mnr. Bernard Rheeder (45), het verlede jaar in Augustus sy werk as ketelmaker op die myn verloor weens ‘n besering wat hy al vyf jaar gelede in ‘n motorongeluk opgedoen het.

“Hy het sy ribbes, borsbeen en ander bene gebreek en sukkel om swaar goed op te tel,” het me. Rheeder gesê.

Me. Rheeder se skoonma woon ook tans by die gesin, maar sy is al bejaard en Roelien is vir haar te swaar om op te tel.

“Ek moet in die bed bly ná my operasie en mag nie opstaan of vir Roelien optel nie.

“Dit sal ons baie help as ons vir Roelientjie ‘n hyser kry om haar vanuit haar stoel of bed te hys.”

Die hyser waarvoor me. Roelien Rheeder tans spaar om haar te help om die versorging van haar gestremde 23-jarige dogter te versorg. Dié hyser kos sowat R20 000.

Dié spesiale hyser kos sowat R20 000.

Goedhartige mense het in 2017 vir Roelien ‘n hyser geskenk om haar in en uit die bad te help, maar me. Rheeder het haar toe self vanuit haar bed opgetel en in haar rolstoel gesit.

Sy en haar man bedryf ‘n kruidenierswinkeltjie vanuit hul huis vir ‘n inkomste.

Enige iemand wat ‘n bydrae wil lewer en Roelien wil help om die spesiale hyser aan te skaf, kan die gesin se buurvrou, me. Starna Lundall skakel by 084 577 7160.

Roelien Mans (23) is aan ’n rolstoel vasgekluister en haar ma, me. Roelien Rheeder sukkel om haar op te tel nadat sy (me. Rheeder) ’n histerektomie moes ondergaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button