Gemeenskap staan saam om brand onder beheer te bring

“Toe ek weer my oë uitvee, was die jaart vol mense,” het me. Miles gesê.

‘n Brand wat omstreeks 10.30vm op Donderdag 5 Maart by ‘n huis in Nelson Mandelarylaan ontstaan het, is binne ‘n ommesientjie onder beheer gebring.

Me. Cecilia Miles, huurder van die eiendom, het koffie gedrink en televisie gekyk toe ‘n klapgeluid gehoor is by die proppe van die televisie.

Daarna het die vonke by die kragboks gespat. ‘n Stemboodskap op ‘n WhatsApp-groep het die rolspelers en die gemeenskap na haar huis laat haas.

“Toe ek weer my oë uitvee, was die erf vol mense,” het me. Miles gesê.

Sy was alleen by die huis met haar driejarige by ‘n skooltjie, die twee ander kinders by die skool en haar man by die werk.

“Ek het groot geskrik en kry nou nog hoendervleis as ek daaraan dink,” het sy bygevoeg.

Volgens haar, was Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) eerste op die toneel en die Standerton Brandweer het laaste opgedaag.

Die kragtoevoer na die huurhuis was vroegoggend van Vrydag 6 Maart nie herstel nie.

Me. Cecilia Miles van Nelson Mandelarylaan by die kragboks van haar huis nadat ‘n brand uitgebreek het.
Rolspelers en die gemeenskap op Donderdag 5 Maart by die brand in Nelson Mandelarylaan. (Foto: Verskaf)
Exit mobile version