AfriForum-buurtwag span saam met polisie-intelligensie om verdagtes aan te keer

Die Standerton Advertiser het in sy uitgawe van 28 Februarie oor die voorval berig waar een van die voertuie op Springs aangekeer is.

AfriForum se Standerton-buurtwag het onlangs ook gehelp om twee verdagtes aan te keer nadat die buurtwag twee verdagte voertuie by ‘n winkelsentrum opgemerk het en die registrasienommers aangemeld het.

Die buurtwag is via hul WhatsApp-groepe ingelig dat ‘n winkel op Standerton beroof word en het dadelik op die boodskap gereageer.

‘n Beskrywing van die voertuie wat by dié roof betrokke was, het ooreengestem met die verdagte voertuie wat vroeër aangemeld is.

Die Standerton Advertiser het in sy uitgawe van 28 Februarie oor die voorval berig waar een van die voertuie op Springs aangekeer is.

“Ons wil graag die lede van die Standerton-buurtwag, Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) en die polisie vir hul hulp bedank,” het mnr. Gerhard Moll, voorsitter van AfriForum se Standerton-buurtwag, gesê.

Lees ook:

https://standertonadvertiser.co.za/101511/verdagtes-cna-roof-aangekeer/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version