Local newsNews

Inwoners ondersteun Recce-aand by Hervormde Kerk

Terug op tuisbodem het mnr. Steyn Fourie, wie se broer, Sam Fourie, ook ’n spesiale magoperateur was, sy wedervaringe meegedeel.

Die kerksaal van die Hervormde Kerk, Standerton het gasheer op Saterdagaand, 29 Februarie vir ‘n Recce-aand gespeel.

Gaste het die saal volgesit en ds. Rian Botha het die verwelkoming behartig.

Die Afrikaanse skrywer, Alexander Strachan, wat verskeie boeke oor dié militêre operasies die lig laat sien het, is spesiaal verwelkom.

Mnr. Jannie Kasselman van Kasselman Veiligheidsdienste wat nou betrokke by die reëlings was, is aan die woord gestel. Hy het die inwoners wat ruim bygedra tot die aand, bedank.

‘n Video is hierna vertoon oor die agtergrond van dié spesiale magte.

Terug op tuisbodem het mnr. Steyn Fourie, wie se broer, Sam Fourie, ook ‘n spesiale magoperateur was, sy wedervaringe meegedeel.

Die Fourie-seuns was albei in Hoërskool Standerton en wyle ds. Steyn Fourie, was leraar in die N.G. Kerk se Moedergemeente.

Mnr. Sam Fourie se dood in 1993, terwyl hy ‘n veldwagter in die Kruger Wildtuin was, is toegelig.

Die historiese konteks van dié weermaglede se deelname en huidige strukture van oud-weermaglede, wat kollektief saamwerk, is ook verduidelik.

Related Articles

Back to top button