Local newsNews

Debbie en Hanna reik uit na minderbevoorregte mense

Ondersteun projekte op Leandra om minderbevoorregtes te bemagtig

LEANDRA – Me. Debbie Smith, ‘n inwoner van Leandra wat die nood in haar gemeenskap raakgesien het, het hande geneem met die Hanna Charity and Empowerment Foundation en doen tans voorbereiding om ‘n winkel vir tweehandse-ware en ‘n biblioteek op dié dorp oop te maak.

Die Hanna-organisasie se doelwit is om minderbevoorregte mense te help en ondersteun deur speelgroepies, sopkombuise, vaardigheidsontwikkelingsentrums, klere-banke en biblioteke op te rig.

Me. Marissa de Lange van die Hanna-organisasie, is die koördineerde vir dié projekte op Leandra. Me. Smith het reeds ‘n perseel gekry waar die tweedehandse-winkel binnekort sy deure gaan oopmaak en waar ‘n paar vroue uit die gemeenskap sal kan werk.

Minderbevoorregtes kan gratis klere by dié winkel gaan haal, maar mense wat dit kan bekostig, kan dit teen baie billike pryse koop. Die winkel sal van klere tot meubels, speelgoed, kombuisware en boeke te koop hê.

Me. Smith het donasies vir die winkel van onder andere uit Heidelberg en die Hanna-organisasie se hoofkantoor ontvang.

In die tweede fase van dié projek beplan me. Smith en me. De Lange om ook ‘n gratis dagsorgsentrum oop te maak waar minderbevoorregtes daagliks hul kinders daar kan laat bly.

Die kinders sal daagliks kos by die dagsorgsentrum kry.

Me. Smith wil ook vir vroue en mans in die gemeenskap vaardighede leer sodat hulle later hul eie inkomste kan genereer.

Belangstellendes wat dié inisiatief wil ondersteun of betrokke wil raak, kan me. Smith skakel by 083 253 7456 of me. Bejhangca Becker by 078 384 6362 of me. June du Toit van Hanna Charity by 083 571 3299.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button