CrimeNews

Agtien verdagtes aangekeer in Standerton

Dié verdagtes is in verband met onder meer die invloed van drank in die openbaar, dwelms en huishoudelike geweld aangekeer.

Die AfriForum-buurtwag op Standerton het op 7 en 8 Februarie in samewerking met die polisie aan ‘n operasie op dié dorp deelgeneem.

Altesaam 12 buurtwaglede, 21 polisielede, asook ‘n helikopter, was betrokke waar 18 verdagtes in hegtenis geneem is.

Dié verdagtes is in verband met onder meer die invloed van drank in die openbaar, dwelms en huishoudelike geweld aangekeer.

“Die Standerton-buurtwag sal aanhou om saam met die polisie te werk om misdaad hok te slaan en inwoners se veiligheid te verseker,” het mnr. Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, gesê.

Lees ook:

https://standertonadvertiser.co.za/101095/police-catch-two-r50-road-standerton-leandra-business-robbery/

Related Articles

Back to top button