Local newsNews

Maak ’n vet rooi kring op jou kalender, die skou is om die draai

Die Perdekampioenskap, Mej. Skou, en vertonings deur Msukaligwa Vuur- en Reddingsdienste, sal onder andere sorg vir vermaak gedurende die dag.

Ermeloërs word aangeraai om 5, 6 en 7 Maart in hul dagboeke aan te teken, dis weer makietie tyd by die Hoëveld Landboufees.

Piet Pompies, Ivan Roux, Jennifer Zamudio, Arno Jordaan en Ampie sal feesgangers saans vermaak.

Die Perdekampioenskap, Mej. Skou, en vertonings deur Msukaligwa Vuur- en Reddingsdienste, sal onder andere sorg vir vermaak gedurende die dag.

Die mallemeule beloof ook groot pret vir die kinders, asook die volwassenes wat dapper genoeg is, in te hou.

In die landbou-afdeling sal daar vanjaar vir die eerste keer ’n interrasskaapkampioenskap aangebied word.

Soos altyd sal daar ook met skape, beeste, perde en pluimvee geskou word.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button