Local newsNews

Suikerbekkies skop die nuwe jaar af

Groep nooi belangstellendes na volgende vergadering

SECUNDA – Lede van die Suikerbekkies het op Woensdag, 15 Januarie hul jaar afgeskop met ‘n vergadering by Garden Terrace Kwekery.

Me. Venessa Erasmus het vir die vroue gewys hoe om kleinkoekies met koninklike versiersel (Royal icing) te versier.

Me. Erasmus het aan die lede verduidelik hoe om eierwitte en die versiersel te meng en gesĂȘ dit is beter om dit in ‘n glasbak aan te maak.

“Die eierwit moet spierwit wees,” het me. Erasmus gesĂȘ.

Sy het vir lede gewys hoe om pienk hartjies op die koekies te maak, asook kolle of luiperd-motief.

Die Suikerbekkies vergader weer op Woensdag, 12 Februarie om 9vm by Garden Terrace Kwekery.

Vir meer inligting, skakel me. Erasmus by 082 824 0775.

Related Articles

Back to top button