Hoërskool Secunda verower toekenning vir beste skool

Departement vereer beste skole en onderwysers by prystuitdeling

SECUNDA – Hoërskool Secunda het behoorlik geskitter by die prysuitdeling van die Departement van Onderwys se Gert Sibande-distrik op Vrydagaand, 17 Januaire op Ermelo.

Dié skool as die beste akademiese presterende skool in die Gert Sibande-distrik aangewys op grond van die hoogste Baccalaureates persentasie (universiteitsvrystelling).

Die munisipale gebiede in die Gert Sibande-distrik sluit onder andere in Piet Retief, Volksrust, Standerton, Bethal, Secunda en Ermelo.

Hoërskool Secunda het ook ’n trofee ontvang vir die derde agtereenvolgende jaar waarvoor hulle ’n slaagsyfer van 90 persent behaal het.

Me. Elsabé Cilliers met die toekenning vir beste rekeningkunde uitslae in die Gert Sibande-distrik.

Me. Elsabé Cilliers en mnr. JJ Hennop het toekennigs vir die beste prestasies in hul onderskeie vakke, rekeningkunde en landbouwetenskap, ontvang.

Me. Cilliers het ook ’n skootrekenaar ontvang, omdat haar rekeningkunde uitslae vir die vyfde agtereenvolgende jaar die beste in die Gert Sibande-distrik is.

Kaylie Strydom is as as die beste rekeningkunde leerder in die Gert Sibande-distrik aangewys terwyl Kalie en Tahseen Karim onder die top vyf-leerders in die distrik geëindig het.

Me. Magda Viljoen, adjunkhoof: akademie, met die toekennings wat Hoërskool Secunda tydens die Gert Sibande-distrik se prysuitdeling op Ermelo ontvang het.
Mnr. JJ Hennop, adjunkhoof van Hoërskool Secunda, met sy toekenning vir beste landbouwetenskap-uitslae in die Gert Sibande-distrik.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version