Local newsNews

Hope Animal Rescue steeds opsoek na ’n perseel vir veilige hawe

Die groep is steeds op soek na ’n perseel wat hulle in ’n veilige hawe vir rondloper diere kan omskep.

Hope Animal Rescue is ’n welbekende diereorganisasie in Ermelo, wat die belange van alle rondloper diere in en om Ermelo op die hart dra.

Hulle moedig mense aan om hulle in verband met die aanneming van troeteldiere te kontak.

Die groep fokus om diere te laat aanneem en doen inspeksies by die belangstellendes om te verseker dat die troeteldiere na ’n liefdevolle huis gaan.

LEES OOK: Vroue van Ermelo benodig ‘n veilige hawe vir Ermelo se straatdiere

Me. Liezl Oosthuizen, stigter van Hope, het gesê: “Daar ook ’n klein aannemingsfooi wat verskil van dier tot dier, om spuite en ander kostes te dek.”

Die groep is steeds op soek na ’n perseel wat hulle in ’n veilige hawe vir rondloper diere kan omskep.

Sy het ’n beroep op die gemeenskap gedoen vir enige iemand wat van beskikbare grond weet wat hulle kan gebruik vir die oprig van ’n hawe vir die diere, om hulle te skakel.

Hope Animal Rescue het onlangs ‘n bankrekening in die organisasie se naam waarin mense donasies kan maak, geopen.

Die bankbesonderhede is: First Nasional Bank, Hope Animal Rescue, Rek no. 62803578014, Tjek rekening, Tak kode 270344.

Indien enige iemand wil betrokke raak by die organisasie kan hulle me. Oosthuizen skakel by 076 948 5026 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button