Jong Bethaller vol vreugde oor elektriserolstoel

Dokters het agtergekom dat Shanel se pituïtêreklier nie werk nie, ook dit is tydens die moeilike bevalling beskadig. Dié klier is onder andere daarvoor verantwoordelik om die skildklier gesond te maak, dit produseer ’n tiroïed-stimulerende hormoon.

BETHAL – Shanel Jarmane Nunes (17) het met geboorte vir ses minute nie suurstof gekry nie en dít het erge komplikasies veroorsaak wat haar lewe vandag nog beïnvloed.

Haar ma het gesukkel om haar oral in ‘n rolstoel te stoot en het gehoop om ‘n elektriese rolstoel vir haar te kry.

Mnr. Pieter Walters-Gerout het vir sy oorlede suster so ‘n stoel gekoop.

“Nadat my suster oorlede is, wou ek die karretjie verkoop. Die Here het vir my gesê dat ek dit eerder moet saai en dat Hy vir my sal wys vir wie ek dit moet gee. Madeleine het een Sondag vir Shanel op ‘n rolstoel in die kerk in gestoot en ek kon sien haar rug is al krom en seer. Net daar het die Here toe vir my gewys, sien jy, jy moet daai karretjie vir hulle gee,” het mnr. Walters-Gerout vertel.

Hulle was eers skrikkerig dat Shanel nie met die karretjie sou kon regkom nie, maar sy het vinnig geleer.

Haar ma, me. Madeleine van Staden sien nog altyd na haar kind om.

Sy vertel: “Shanel kon loop en sy was nog altyd ondergewig. Sy was 11 jaar oud toe het sy net inmekaar gesak. Vandaar kon sy nooit weer loop nie.”

Dokters het agtergekom dat Shanel se pituïtêreklier nie werk nie, ook dit is tydens ‘n moeilike bevalling beskadig.

Dié klier is onder andere daarvoor verantwoordelik om die skildklier gesond te maak, dit produseer ‘n tiroïed-stimulerende hormoon.

Omdat die klier nie hormone produseer soos dit moet nie, het Shanel gewig opgetel.

Hoewel Shanel reeds 17 is, het sy altyd die mentaliteit van ‘n drie-jarige gehad en nou ‘n 11-jarige.

Sy is heeltemal afhanklik van haar ma en daarom kan me. Van Staden nie werk nie.

Shanel is onlangs met cubclinical hypercortisolism gediagnoseer en omdat sy met geboorte vir lank sonder suurtof was, het sy breinskade gekry en is sy ook serebraal gestrem.

“Die Here het nog altyd vir ons gesorg. Ons was nog nooit sonder kos of het nog nooit nié ‘n dak oor ons kop gehad nie. Ek is baie trauma in my lewe deur en ek kon dit selfs aanvaar dat Shanel nie meer kan loop nie.

“Wat ek nie kan aanvaar nie is dat my kind nooit ‘n matriekafskeid sal kan hê nie. Waarom kan sy nie ook ‘n mooi rok aantrek en matriekafskeid saam met die ander kinders hou nie? Ek het nog altyd gedroom daarvan om haar mooi aan te trek en haar in haar pragtige aandrok te sien,” het me. Van Staden vertel, terwyl sy die trane uit haar oë gevee het.

Shanel wil baie graag ‘n elektroniese tablet, speeloond of pop vir Kersfees hê.

Hulle sou ook graag met vakansie wil gaan, maar kan dit nie bekostig nie.

“Shanel is baie lief om te swem en omdat sy nou haar eie karretjie het, kan sy lekker oral saam my gaan sonder om te sukkel. Dit sal heerlik wees om De Voetpadkloof toe te kan gaan. Al bly ons net daar in een van daardie tente. Die paadjies is netjies en toeganklik daar.”

Omdat me. Van Staden reeds vier kinders weens nalatigheid van dokters en hospitaalpersoneel verloor het, is Shanel al wat sy het.

Mnr. Muhammad Byatt van Debonairs by die Sasol N17, het vir die battery van die karretjie betaal omdat die ou een reeds onklaar was.

“Ons is verheug en dankbaar oor alles wat die gemeenskap vir ons doen. Baie dankie.”

Shanel moet nog gereeld behandeling kry en dokters besoek.

As jy kan help of op enige manier ‘n bydrae maak, skakel Madeleine by 072 259 9780.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version