Local newsNews

Oud-inwoner sukkel al meer as ’n jaar met bestuurderslisensie

Me. Dansey kan net die kantore op die dorp raadpleeg wanneer sy haar familie besoek en haar tydelike bestuurderslisensie verval volgende maand.

‘n Voormalige joernalis van die Standerton Advertiser, me. Anastasia Dansey wat na Alldays in Limpopo verhuis het, weet nie meer herwaarts of derwaarts met die hernuwing van haar bestuurderslisensie nie.

Me. Dansey het reeds op 17 Julie verlede jaar aansoek om hernuwing by die lisensiekantore in Walter Sisuslu-rylaan gedoen en het ‘n faktuur van haar betaling gebruik wanneer verkeersbeamptes haar voorgekeer het.

Volgens haar het beamptes gesê dat dit voldoende sou wees, hoewel een verkeersman in Polokwane byna nie die kwitansie wou aanvaar nie.

“Ek het maklik al nege keer teruggegaan en my vingerafdrukke al by herhaling laat neem,” het sy gesê.

Die stelsel registreer nie haar vingerafdrukke as voldoende nie.

Me. Dansey kan net die kantore op die dorp raadpleeg wanneer sy haar familie besoek en haar tydelike bestuurderslisensie verval volgende maand.

Die koerant het in sy uitgawe van 30 Augustus berig oor beamptes wat by die lisensiekantore op korrupsie-aanklagte in hegtenis geneem is.

Me. Thobeka Mtshiselwa, kommunikasiebestuurder van die Lekwa Munisipaliteit, het destyds aangedui dat dié kantore deur die provinsiale Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer bestuur word.

Tydens ‘n telefoonoproep na die departement in Mbombela (Nelspruit) op Woensdag 27 November, het me. Thuli Malibi haar kontakbesonderhede gegee en gevra dat me. Dansey met haar in verbinding tree.

Die boodskap is via ‘n e-pos aan me. Dansey oorgedra.

Volgens me. Malibi, skakel hul met die onderskeie munisipaliteite in sulke gevalle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button