Oop kragbokse op Secunda wek kommer

Kinders speel by gevaarlike plek

SECUNDA – Kragbokse wat oop is en vrylik toegang aan enige iemand verleen, is steeds ‘n probleem op Secunda.

Van dié kragbokse staan al vir twee jaar oop sonder slotte en met deure wat nie meer kan toemaak nie.

Inwoners is bekommerd oor kinders wat glo nou, tydens die skoolvakansie, met hul fietse rondry en laatmiddag by dié oop kragbokse, mense se krag afsit.

Me. Mariaan Chamberlain, DA-raadslid, het gesê sy het by ‘n onlangse portofeulje-vergadering, weer die probleem van die kragbokse aangespreek.

Die munisipaliteit het ’n tydelike oplossing vir dié kragboks gevind.

“Hulle het by dié vergadering gesê hulle het aangevra om nuwe kragbokse aan te koop, maar met die munisipaliteit se finansiële toestand, twyfel ek of dit vinnig gaan gebeur,” het me. Chamberlain gesê.

Een van die kragbokse in Springbokstraat se deurtjie hang skeef en dié boks maak glo vreemde geluide.

‘n Ander kragboks naby Laerskool Oranjegloed Primary School wat sowat drie maande gelede al gebrand het, is steeds nie vervang nie.

Daar is ‘n tydelike oplossing aangebring, maar vandale het reeds weer dié kragboks begin verniel.

Me. Chamberlain het gesê straatligte in dié omgewing werk nie en dit sal dit makliker maak vir diewe om kragkabels te steel of vir vandale om die kragbokse te verniel.

Sy het die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) gevra om ‘n ogie te hou in dié gebied en het ook die inwoners gemaan om op die uitkyk te wees as hulle enigiets ongewoons sien.

Mnr. Lucky Mhlongo, skakelbeampte van Govan Mbeki Munisipaliteit, het aan die Ridge Times gesê hy het die betrokke departement gevra vir kommentaar, maar hy het teen druktyd nog nie terugvoer van hulle ontvang nie.

Die munisipaliteit het dié kragboks so reggemaak.

Die munisipaliteit het ’n tydelike oplossing vir dié kragboks gevind.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version