Local newsNews

Madeleen van Eeden wil ’n pad met haar pasiënte stap

“Dit is vir my lekker om mense se alledagse lewe te verbeter. Ortopediese behandeling is baie bevredigend, juis omdat jy weekliks die vordering kan sien. Ek het al mense behandel wat nie eers hul eie skoene se veters kan vasmaak nie. Met gereelde behandeling kan hulle nou meer as dit doen.”

SECUNDA – Me. Madeleen van Eeden het 10 jaar gelede amptelik haar beroep as biokinetikus op Secunda begin.

Om studieskuld af te betaal, het sy en haar man, toe haar verloofde, in Engeland gaan werk.

Sy het vir ses maande as instrukteur by ’n gimnasium gewerk en later as lewensoriëntering-onderwyseres by ’n skool.

Hoewel sy stadig begin het nadat sy haar praktyk begin het, het sy met die verloop van tyd groot suksesse en deurbrake met haar pasiënte gehad.

Een van haar pasiënte, mnr. Hennie Fourie, is met ’n seldsame siekte, Guillain-Barre-sindroom, gediagnoseer.

Pasiënte met dié siekte moet toesien hoe hul eie immuunstelsel hul senuweestelsel aanval wat veroorsaak dat hulle spiere verswak en verlam.

Me. Van Eeden vertel: “Hy was net uit die hospitaal ontslaan en moes van ’n rolstoel gebruik maak. Met harde werk en deursettingsvermoë kon hy weer begin om sy motor self te bestuur. Later kon hy met ’n loopraam loop en nie meer die rolstoel gebruik nie.”

Sy hou baie daarvan om met pasiënte te werk wat ortopediese rehabilitasie nodig het.

Dit behels onder andere rugpynbehandeling.

“Dit is vir my lekker om mense se alledagse lewe te verbeter. Ortopediese behandeling is baie bevredigend, juis omdat jy weekliks die vordering kan sien. Ek het al mense behandel wat nie eers hul eie skoene se veters kan vasmaak nie. Met gereelde behandeling kan hulle nou meer as dit doen.”

Me. Van Eeden is opgewonde en passievol oor haar werk.

“Ek geniet dit om ’n pad saam met my pasiënte te stap en sien uit na die volgende 10 jaar.”

Me. Madeleen van Eeden wil ’n pad met haar pasiënte stap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button