Local newsNews

James neem beste foto vir November

Fotografieklub hou laaste vergadering vir die jaar

SECUNDA – Mnr. James Harris se foto, “Skeletons Having Fun with the Moon”, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling by die Hoëveld Fotografieklub se byeenkoms wat in November by die Scrum Inn by die Sasol Ontspanningklub gehou is.

Die tema vir die maand was Fantasie en dr. Leon Pelser was die beoordelaar en spreker vir die aand.

Die ander wenners is mnr. Pierre Jordaan met sy foto, “Flying Giselle”, wat die beste was onder die senior fotograwe en mnr. Johan Viljoen met sy foto, “Love my Wings”, wat die beste was onder die junior fotograwe. Die fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is mnr. Harris vir sy foto, “Sabie Falls” in die landskapafdeling, mnr. Danie Smit vir sy foto’s “No More Last Dance” in die tweekleurige foto-afdeling en “Melck Staircase Mirror” in die pikturale afdeling, mnr. Hanno de Beer vir sy foto, “A Compromising Position”, in die natuurafdeling, me. Lorraine Botha vir haar foto’s “Poppies” in die natuurafdeling, “Sad Clown” in die pikturale afdeling en “Hedgehog Hollow” in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, mnr. Viljoen vir sy foto’s “That Frog” en “What is This”, in die natuurvoëlsafdeling, mnr. Piet Potgieter vir sy foto, “Bird on a Stick” in die natuurvoëlsafdeling en mnr. Gerrit Myburgh vir sy foto, “Forgotten Bridge 2” in die pikturale afdeling.

Dit was die Hoëveld Fotografieklub se laaste vergadering vir die jaar. Hulle bied nog in November hul prysuitdeling en jaarafsluiting aan en sal dan eers weer volgende jaar met hul maandelikse vergaderings begin.

Vir meer inligting, skakel mnr. Jordaan by 082 465 0248.

Mnr. Danie Smit het ‘n sertifikaat vir meriete vir sy foto, ‘Melck Staircase Mirror’, in die pikturale afdeling ontvang.
Mnr. Danie Smit het ’n sertifikaat vir meriete vir sy foto, “No More Last Dance”, in die tweekleurige fotoafdeling ontvang.
Mnr. Johan Viljoen was die beste onder die junior fotograwe met sy foto, “Love my Wings”.
Mnr. Johan Viljoen het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, “That Frog”, in die natuurvoëlsafdeling ontvang,
Mnr. James Harris het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, “ Sabie Falls”, in die landskapafdeling ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button