Siek vrou van Secunda se motor by paartjie gevind

"Iemand het duidelik van haar misbruik gemaak."

OPVOLG (9nm): Me. Elsa Nell (62) se Ford Fiesta is vanaand, 3 November in die besit van ‘n jong paartjie in William Hoggestraat, Secunda, gevind.

Delta 1 Rescue Diving, Stratcon en Roman Alarms het sedert die storie op Ridge Times se digitale platvorm verskyn het, onverpoosd na die bejaarde se motor gesoek.

Hulle het die voertuig tot by die huis in William Hoggestraat gespoor. Die paartjie beweer hulle het die motor gekoop.

Van me. Nell se ander besittings, soos haar horlosie, is ook in die jongmense se besit gevind. Hulle het die motor aan me. Nell se seun, Xavier, teruggegee.

Sielsversteurde vrou kar kwyt in Secunda

SECUNDA – Me. Elsa Nell (62) het gister, Saterdag 2 November haar motor ‘verkoop’ terwyl sy moontlik ‘n ‘episode’ weens haar onstabiele geestesgesondheid ervaar het.
Haar seun het haar langs die pad gesien loop en dadelik besef dat iets fout is.
Mnr. Xavier Nell, haar seun, het gesê: “My ma was sommer snaaks aangetrek.

Sy was so deurmekaar dat sy nie eens tot 10 kon tel nie. Sy het gesê dat sy haar

Me. Elsa Nell word op die oomblik in Evander hospitaal behandel. Foto: Verskaf

kar verkoop het, maar kan nie als onthou nie. Blykbaar was dit twee blanke mense wat weg is met die kar. Iemand het duidelik van haar misbruik gemaak.”

Blykbaar het die persoon wat die motor gevat het vir me. Nell beloof om haar later vir dit te betaal.

Volgens mnr. Nell het sy al haar geld uit haar bankrekening getrek wat ook weg is.

Die motor is ‘n wit Ford Fiesta 1998 model.

“Die motor is vol stampe en duike en die rooster is van metaal gaas gemaak, dit is nie die oorspronklike rooster nie.”

Me. Nell se identiteitsdokument, medikasie, beursie en ander sleutels is steeds in die voertuig.

As enigiemand iets gesien of inligting oor die voertuig of die voorval het, skakel mnr. Xavier Nell by 081 736 2753.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version