Local newsNews

VIDEO: Groot skade in Eendracht na haelstorm

Die krag is steeds by meeste huise af en baie het ook nie water nie.

EENDRACHT – Stormsterkwind en baie hael het gisteraand, Vrydag 1 November groot skade aan inwoners se wonings gerig.

Die krag is steeds by meeste huise af en baie het ook nie water nie.

Juis omdat die water af is, kan hulle nie begin skoon maak en opruim nie.

Me. Antoinette Stoltz, ‘n inwoner het vertel: “Ek woon al 12 jaar hier en dit is die eerste maal dat dit ons só ernstig tref. Vanoggend sien jy oral mense op huise se dakke.

“Dit het eers so teen 5.40nm begin hael. Die haelkorrels wat net so groot soos duifeiers, maar dit was baie.

“Ons huis was onder water en die een deel waar daar ‘n platdak is, het heeltemal ingekonk. Die plafonne hang sommer sulke boeppense.”

Sy het genoem dat sy vandag, Saterdag 2 November 15 dooie duiwe, dooie mossies en ook babaduifies wat uit die nessies geslaan is, opgetel het.

By ‘n bejaarde paartjie se huis het die afdak waaronder die motors gestaan het op die motors geval.

Dít het veroorsaak dat hulle in die huis vasgevang is.

Omdat meeste inwoners bejaardes is, het hulle hulp nodig met opruiming.

“Ek is al oud en woon alleen. Ek kry nie die nat matte uit die motorhuis gesleep nie,” het me. Stoltz gesê.

Bykans 100mm reën het op die dorp uitgesak.

Foto verskaf
Foto verskaf
Foto verskaf
Foto verskaf
Foto verskaf
Foto verskaf
Foto verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button