Maak ’n bydrae vir die Boks-vir-‘n-Boervrou-projek

Mense wat tot die projek wil bydra, kan enigiets van kos (nie-bederfbaar), koffie, lekkernye, toiletware, grimering, of ’n tydskrif in skoenbokse of wynbokse plaas en in koerant of bruinpapier verpak.

Die Boks-vir-‘n-Boervrou-projek vir vroue in droogtegeteisterde gebiede het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei met mense wat vinnig ingekoop het om die projek te ondersteun.

Die land gaan onder een van die ergste droogtes gebuk en vir boere en hul gesinne in dié gebiede is enige bederf lankal iets van die verlede.

Met die projek beoog die organiseerders om. met die Kersseisoen om die draai is, hoop te bring aan dié gesinne.

Mense wat tot die projek wil bydra kan enigiets van kos (nie-bederfbaar), koffie, lekkernye, toiletware, grimering, of ’n tydskrif in skoenbokse of wynbokse plaas en in koerant of bruinpapier verpak.

Die geskenkbokse kan by Tuiskoop afgelewer word.

Volgens me. Sandra Kritzinger, van Ermelo Tuiskoop, het hulle al bykans 6 000 bokse ingesamel wat vroeg in November na die Kaap vervoer en versprei sal word.

Sy het bygevoeg dat hulle die datum en tyd wanneer die vragmotors met die bokse vertrek nog bekend sal maak en nooi almal in die gemeenskap om die geleentheid by te woon.

Geskenkbokse kan nog tot 6 November by Tuiskoop ingehandig word.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version