Local newsNews

LCUC maak die dorp na behore skoon

Hulle het op Woensdag 23 Oktober ook die tuin op die Vrede-pad skoongemaak en altesaam 57 rommelsakke is opgetel en by die stortingsterrein afgelaai.

Lekwa Clean Up Crew (LCUC) het hul naam verlede week gestand gedoen en die tuin by die Excel-vulstasie in Walter Sisulurylaan op Dinsdag 22 Oktober opgeruim.

Die LCUC het 67 vullissakke wat in die Lekwa-gebied opgetel is, by die stortingsterrein afgelaai.

Hulle het op Woensdag 23 Oktober ook die tuin op die Vrede-pad skoongemaak en altesaam 57 rommelsakke is opgetel en by die stortingsterrein afgelaai.

Hulle het Allegro Vulstasie vir die LCUC se brandstof bedank.

Finansiële bydraes, hetsy eenmalig of maandeliks, kan in die volgende rekening inbetaal word:

Lekwa Clean Up Crew
Standard Bank
Rekeningnommer:136697321
Tak: Standerton
Takkode: 052943

Die LCUC het behoorlik gewoeker in Walyter Sisulurylaan. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button