Local newsNews

Elize Wessels groet Ermelo Sport na 38 jaar

“Van die kinders wat ek sien groot word het, bring vandag hul kinders na Ermelo Sport vir hul sport benodighede.”

Me. Elize Wessels groet Ermelo Sport die sportwinkel na 38 jaar se lojale diens as winkelassistent.

Sy het kort na die onderneming se ontstaan in 1981 by die span aangesluit en het onlangs haar aftrede aan die einde van Oktober aangekondig.

Me. Wessels het vertel dat sy dit geniet het om met mense te werk en te kon sien hoe die kinders wat gereeld hul sporttoerusting by aangekoop het,voor haar groot geword het.
“Van die kinders wat ek sien groot word het, bring vandag hul kinders na Ermelo Sport vir hul sport benodighede.”
Soos sy en die eienaars van die winkel, mnr. Jim en me. Pam Pullinger van hul tye saam vertel het, is dit duidelik dat dié drie vele pret in die winkel gehad het.
Die winkel wat eers ’n klein onderneming was, het oor die jare aansienlik uitgebrei.
Volgens me. Wessels het sy al die uitbreidings saam met die eienaars deurgemaak.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button