Kompetisie tyd! Wen twee kaartjies na Our Place se Straatfees

Dié fees vind Saterdagaand, 2 November plaas en bekende kunstenaars soos Jo Black, Steve Hofmeyr en Jo F sal daar optree.

Een gelukkige wenner kan twee kaartjies, ter waarde van R300 elk vir Our Place se Straatfees wen.

Dié fees vind Saterdagaand, 2 November plaas en bekende kunstenaars soos Jo Black, Steve Hofmeyr en Jo F sal daar optree.

Moenie ons eie plaaslike talent vergeet nie. Ettiene sal weer die mikrofoon aan die brand sing.

Pottie is seremoniemeester en Juan Boucher is dalk net gebore om by die Straatfees te wees.

Hoe kan jy die kaartjies wen?

1. Like ons Facebook-bladsy.

2. Plaas ’n selfie van jou grootste glimlag in die kommentaar-spasie op dié inskrywing. Ja, die glimlag wat jy sal hê wanneer jy hoor jy wen.

Ons sal die wenner in kennis stel.

REëLS
– Jy moet 18 jaar of ouer wees.
– Moenie inskryf as jy nie 2 November beskikbaar is om te gaan nie.
– Ons almal het geld nodig, maar nee, jy kan nie die kaartjies vir geld verruil nie.
Ridge Times kan nie verantwoordelik gehou word vir jou of jou besittings tydens die Straatfees nie.
– Moet asseblief nie drink en bestuur of dronk word en dan bestuur nie.

Trichardt Straatfees dié plek om te wees

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version