Inwoners gaan onder water-en kargonderbrekings gebuk

Data is gevreet op inwoners se selfone, wat aan WhatsApp-groepe behoort, om by te bly om te kyk waar die dobbelsteentjie gaan val.

Die water-en-kragtoevoerbordspeletjie het verlede Maandag te midde van wind wat gewaai het in alle erns begin.

Water- en kragtoevoer na Meyerville en die middedorp is onderbreek met Eskom wat persvrystellings deur die week uitgestuur het oor ‘n stelsel wat kwesbaar is.

Sakelui het hul misnoeë te kenne op sosiale media gegee en een gastehuiseienaar het gesê dat in die 20 jaar wat sy haar onderneming bedryf, die wind al baie gewaai het, maar dat dit nooit ‘n invloed op die watertoevoer gehad het nie.

Volgens inligting, kon die probleem nie aan die reservoir toegeskryf word nie.

Die Standerton Advertiser het verlede Donderdag op ons webtuiste deurgegee dat ‘n fout op C-substasie elektrisiëns genoop het om aan die probleem te werk.

Kragtoevoer na die industriële gebied, Stanwest, wyke 15 en 3, sowel as die P- en K-lyn is beïnvloed.

Lekwa Munisipaliteit het dié boom in Paarlstraat die afgelope week gesnoei.

Data is gevreet op inwoners se selfone, wat aan WhatsApp-groepe behoort, om by te bly om te kyk waar die dobbelsteentjie gaan val.

Lekwa Munisipaliteit het inmiddels begin om bome te snoei om die kortsluitings, wat deur bome wat aan kragdrade raak, hok te slaan.

Wat die groter Sakhile aanbetref, het die DA-parlementslid, me. Angel Khanyile, ‘n mosie in die parlement op Donderdag 24 Oktober ingedien oor wyk 2 se probleme.

Me. Khanyile het aangevoer dat inwoners in dié wyk vir die afgelope agt jaar vir groot gedeeltes van die dag van lopende water ontneem word.

Sy het aangedui dat dit ‘n skending van ‘n konstitusionele reg is.

‘n Beroep is op die Departement van Samewerkende Ontwikkeling en Tradisionele Sake gedoen om die waterinfrastruktuur te herstel.

Die koerant het reeds op Dinsdag om 11.04vm ‘n WhatsApp-boodskap na me. Thobeka Mtshiselwa, kommunikasiebestuurder van die munisipaliteit, gestuur om agter die kap van die byl te kom.

Die boodskap is gelees, maar geen terugvoer is teen saktyd ontvang nie.

Lekwa Munisipaliteit het dié boom in Paarlstraat die afgelope week gesnoei.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version