Vier gewapende mans beroof klerewinkel in Wesselton

Volgens kapt Carla Prinsloo, woordvoerder vir Ermelo Polisie, het vier mans die personeel met ’n wapen gedreig en in die stoorkamer toegemaak.

Ermelo Polisie ondersoek ’n saak van gewapende roof nadat Ackermans-klerewinkel by die Boxer-sentrum in Wesselton op 2 Oktober, beroof is.

Volgens kapt. Carla Prinsloo, woordvoerder vir Ermelo Polisie, het vier mans die personeel met ’n wapen gedreig en in die stoorkamer toegemaak.

LEES OOK: Armed robbers hold up Pep Stores in Kerk Street

Die verdagtes het met verskeie selfone en kontant gevlug.

Die Hoëvelder het uitgereik na Ackermans vir kommentaar, maar hul het verkies om nie kommentaar te lewer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version