Kosmos Aftree-oord was ‘n miernes van bedrywighede op Vrydag 4 Oktober toe hulle basaar plaasgevind het.
‘n Besoeker is begroet voor die hoofgebou met braaivleisvure wat gebrand het en stalletjies wat gereed was om sake te doen.
In die sitkamer, eetkamer en kombuis het almal duidelik geweet wat hulle doen en by die teetuin kon inwoners ontspan.
Onder die wakende oë van die bestuurder van die tehuis, mnr. Jack la Grange, en matrone Annatjie Steyn, is ‘n suksesvolle basaar van stapel gestuur en inwoners is behoorlik onthaal.