Local newsNews

Ouetehuis op Standerton hou basaar

In die sitkamer, eetkamer en kombuis het almal duidelik geweet wat hulle doen en by die teetuin kon inwoners ontspan.

Kosmos Aftree-oord was ‘n miernes van bedrywighede op Vrydag 4 Oktober toe hulle basaar plaasgevind het.

‘n Besoeker is begroet voor die hoofgebou met braaivleisvure wat gebrand het en stalletjies wat gereed was om sake te doen.

In die sitkamer, eetkamer en kombuis het almal duidelik geweet wat hulle doen en by die teetuin kon inwoners ontspan.

Onder die wakende oë van die bestuurder van die tehuis, mnr. Jack la Grange, en matrone Annatjie Steyn, is ‘n suksesvolle basaar van stapel gestuur en inwoners is behoorlik onthaal.

Mnr. Jack la Grange (bestuurder) en matrone Annatjie Steyn by die basaar op 4 Oktober.
Mee. Martie Venter en Maria Prinsloo op 4 Oktober by hul stalletjie.
Mnr. Jack la Grange (bestuurder), matrone Annatjie Steyn en mnr. Paul Gerber by die basaar.
Mnr. Riaan Mertz sorg op 4 Oktober dat die vleis by die basaar omgedraai word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button