KOMPETISIE: Vind jou inspirasie in digkuns

Om te kan wen, lees haar artikel wat in die week se uitgawe en aanlyn sal verskyn.

Een gelukkige leser staan ’n kans om een van me. Francis Grobler se nuutse digbundels te wen.

Haar vyfde digbundel, s’Thwathwa wat Zoeloe vir ryp of ys is, is reeds op Prima Skryfbehoeftes se rakke beskikbaar.

Hoewel sy oor die seer, gebrokenheid van die wêreld en hoe dit die menswees beïnvloed geskryf het, het sy eers later besef dat sy eintlik oor hoop skryf.

Om te kan wen, lees haar artikel wat in die week se uitgawe en aanlyn sal verskyn.

Antwoord dan die volgende vraag.

– Wat beteken die woord s’Thwathwa, en watter verbintenis het dié naam tot die digbundel?

Stuur jou antwoord per e-pos na reporter9@echoridge.co.za , gee dit by Ridge Times kantoor af of stuur dit met Facebook Messenger.

Dit is baie belangrik dat jou naam, van, telefoonnommer, geboortedatum en antwoord deel van jou inskrywing maak.

https://youtu.be/BjTt2q9sg1A Versmakers – gedig

https://youtu.be/W8e2cK0M_-E One eye is King – lied

https://youtu.be/9bwIAzCcYAE  Liewe Boer – gedig

https://youtu.be/w0AZZawM-y8 Kragtens die Wet op Swye – gedig

Nog ’n digbundel uit Francis se inkpot gebore

Reëls

– Slegs persone ouer as 16 jaar mag inskryf.

– Een inskrywing per persoon word toegelaat.

– Jy mag slegs op een manier inskryf maw. wanneer jy ’n e-pos gestuur het, mag jy nie ’n Facebook message ook stuur nie.

– Die kompetisie sluit amptelik op Sondag 1 September om middernag.

– Die wenner sal Dinsdag 3 September aangekondig word.

– Die wenner sal op Ridge Times se Facebookblad aangekondig word en ook persoonlik in kennis gestel word.

– Dit is die wenner se verantwoordelikheid om die boek by Ridge Times se kantore af te haal op die hoek van Nelson Mandela Drive en Pieter Wennig in Secunda.
– Jou antwoord moet reg en van toepassing op die bundel wees.

– Wanneer jy inskryf onderskryf jy jouself aan die termes en voorwaardes soos bo genoem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version