Local newsNews

Gisele Bosman groet Kansa Kosmos na vier jaar

Gemeenskapsmobiliseerder het baie geleer

SECUNDA – Me. Gisele Bosman (29), gemeenskapmobiliseerder van Kansa Kosmos, verruil Kansa na vier jaar vir ‘n nuwe loopbaan.

Haar loopbaan by Kansa het op Bethlehem afgeskop en me. Bosman het destyds vir ‘n verplasing gevra omdat mnr. Hennie Bosman, met wie sy vandag getroud is, in die omgewing gewerk het.

Me. Bosman se paadjie by Kansa het begin toe sy gesoek het na die doel in haar lewe en dit wat haar vervul in die werksplek.

“Ek het verskeie kere bevestiging gekry vanaf die Here deur Jesaja 61:1-2 wat lui: ‘Die Gees van die Here is op My, omdat die Here my gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die Here en ‘n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos;’ en ek het toe my oĂ« toegeknyp en aansoek gedoen vir die werk by Kansa,” het me. Bosman gesĂȘ.

Sy is op Kroonstad gebore en het gedurende haar kinderjare in verskeie dorpe gewoon weens haar pa, wat ‘n landboukundige was, se werk.

Me. Bosman het in Ashton, Jan Kempdorp, Bethlehem, Lichtenburg, Standerton, Reitz en Daniëlsrus gewoon en het baie goeie mense ontmoet in al die dorpe waar sy al gewoon het.

Sy het nå haar matriekjaar aan Hoërskool Witteberg op Betlehem aan haar BCom-graad in Sielkunde met Politiek en Frans as vakke aan die Universiteit van Potchefstroom studeer, maar kon in haar tweede jaar nie verder studeer nie.

Sy het gedurende haar hoërskoolloopbaan altyd in skoolvakansies as kelnerin, adminassistent of vloerassistent gewerk.

Voordat me. Bosman by Kansa op Bethlehem begin werk het, het sy as grafiese ontwerpleerder gewerk, later as vloerassistent by ‘n apteek en later by ‘n tandarts as tandheelkundige assistant.

Sy het ook vir ‘n ruk by ‘n winkelsentrum op Bethlehem gewerk.

Me. Gisele Bosman groet Kansa Kosmos na vier jaar.

“Ek het in die tydperk wat ek by Kansa gewerk het meestal ‘n positiewe ondervinding beleef, asook baie verandering deurstaan om sodoende te help om in die rigting van verbetering te gaan in ons gebied spesifiek,” het me. Bosman gesĂȘ.

“Ek was goed in my werk as gemeenkapsmobiliseerder en het dit baie geniet.”

Me. Bosman meen haar werk by Kansa het haar as jong vrou van 25 geneem en gepoets tot ‘n goeie en hardwerkende vrou.

“Die werk by Kansa het my gewys dat ek as vrou in staat is tot ongelooflike positiewe veranderinge en dat ek my boodskap altyd met verantwoordelikheid moet vertel aan mense, maak nie saak waar ek my gaan bevind nie.”

Kansa het me. Bosman gehelp om voor mense te praat, veral groot gehore.

Sy het ook besef dat voorligting en bewusmaking uiters belangrik is.

“Baie mense het nie ouers soos ek wat my geleer het van die lewe se dinge en siektes nie.

“Ek het by Kansa besef wat my doelwit in die lewe is.”

Me. Bosman het besluit om Kansa te verruil vir ‘n werk nader aan Standerton waar sy woon sodat sy meer tyd met haar man en seuntjie, Hennie, kan bestee.

Sy is deur stormwaters die afgelope 18 maande en het in haar familie verskeie kankersterftes beleef en het gevoel sy het afgestomp geraak.

“Ek het die werksverandering gemaak vir my.

“Die Here se krag is baie groter en sterker as enige mens s’n.”

Me. Bosman het gesĂȘ sy het baie lewenswyshede by haar suster geleer.

In haar vrye tyd geniet me. Bosman dit om te lees, nagereg te maak, te braai en te kuier met goeie vriende.

Sy speel kitaar, blokfluit en bekfluit en skryf graag gedigte en toonset dit dan met haar kitaar. Sy wil graag weer begin deelneem aan sport soos netbal, tennis en langafstande.

Me. Bosman sien uit na die nuwe seisoen in haar lewe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button